Thursday 15 November 2012

For the afrikaans readers

Ek het die in n epos gekry

Nathaniel  se Raad vir haai aanvalle die Desember vakansie

dit is baie oulik


Om te voorkom dat 'n haai u byt, doen die volgende:
Wenk nommer 1 :
Moenie in die see swem nie. Ongeveer 100% van alle haai aanvalle gebeur in groot watermassas, beter bekend as DIE SEE. Proe aan die water. As dit soos sout smaak en as dit branders het, is jy in die see. Draai om en gaan le liewers onder jou sambreel met 'n drankie. En asb. Nie Castle nie- dit is common.

Wenk nommer 2 :
Swem saam met vet mense. Sorg dat daar ALTYD groot, vet mense saam met jou in die water is. Die kanse dat jy vinniger as hulle kan swem en wegkom, is baie goed.Terwyl ons dan nou op hierdie onderwerp is:  ek diskrimineer nie agv van die feit dat ek weet hoe voel dit om soms jou ken te soek tussen jou wange, As jy een van hierdie vet mense is, moet liewers nie in die eerste plek in die water gaan nie. Skuil onder jou sambreel. Of bedek ten minste jou vet as jy nie geseend is soos Jay of Liani nie. Het jy al ooit gesien hoe word deeg gerol in ‘n broodfabriek? Dis hoe jou lyf lyk in ‘n swembroek.

Wenk nommer 3 :
Moenie in die water gaan sonder 'n mes nie. Die mes word gebruik om die swemmer naaste aan jou te steek, indien jy 'n haai gewaar. Sodra hy/sy bloei, swem so vinnig as wat jy kan weg. Die mes is net vir ‘n noodgeval. Die Gautengers van die bosveld met jou kakie swembroek en hoed, die mes is nie daar om jou naels en toonnaels op die strand te trim nie. Afskuwelik!

Wenk nommer 4 :
Luister noukeurig! Elke haai het 'n temalied - As jy die volgende hoor, swem vir jou lewe : '' Da- dam ... Da- dam ... Da- dam .. '' As dit so klink : '' DADAM- DADAM- DADAM '' - Is jy klaar in jou moer. Ek herhaal hierdie sin vir al die blonde dames met die fake tans: As DA-DAM hard klink en nie sag nie, beteken dit dat die haai naby jou is en jy dalk moet wegkom. Daar is ‘n verskil tussen ‘n haai en ‘n dolfyn.


Wenk nommer 5 :
Moenie paniekerig raak nie. Wees kalm en bly blerrie stil as 'n haai jou byt. Jy is in elk geval klaar in jou moer in en dit gaan jou niks help as jy huil en skree soos 'n maer vark nie. Die ander mense op die strand probeer ontspan en sal dit waardeer as jy kan stil bly. Om iemand soos 'n mal ding te hoor skree en huil terwyl jy probeer ontspan, is vreeslik onaangenaam. Dink aan die kinders en bejaardes en hou op so aansit asseblief. Ja, Dit IS vreeslik erg, maar dis baie meer traumaties vir die ander mense om dit te sien en al daai geluide te hoor, so bly net stil asseblief. Daar is in elk geval niks meer wat jy teen DIE tyd kan doen nie want jy het wenke 1-4 nie waargeneem nie.

Mag almal ‘n gelukkige somer op die strand he. Gelukkig sal jul my nie daar sien nie en hou haaie dus geen gevaar vir my in. Ek sit gewoonlik agter jul by die yuppie restaurant langs die strand, onder die sambreel met my lyf bedek en met ‘n lang elegante koue glas.....inhoud alles behalwe Castle. Ek is dalk moeilik, maar ek is nie common nie!

where has the year gone?

hey there!!

Joh, this year just went buy in a flash!!

Can you believe its almost Christmas!! time for family and thank giving.. It is funny how fast you can forget what xmas is about. Your mind just gets clouded with gifts and evan more gifts.

But is it really about the gifts? I don't think it is. I feel its about Family!! and celebrating that God sent his only Son to come and save us!! Life is full of joys and we also need to be great-full  for everything we have.


Have a wonder day! and be greatful for the small things